Nog voordat ons lippe raak,
ruik ek die geur van sy mond
wat soos `n ryp vrug gereed
is om my sorge te versadig
Hy neem my in sy arms,
en, totaal onbewus van ander mense
ontmoet hy my in die middel
van `n swerm onbevredigde emosies
wat skielik, onweerstaanbaar
ontplof
in `n verstikkende
teug van genot
dit voel soos `n ewigheid
sy lippe neem afskeid van myne
en `n dun straaltjie maanlig verlig
sy strak gesig;
die strakheid wat net deur
intense emosies ge